Vrydag, 28 en Saterdag,
29 Augustus 2020


Program Kaartjies Mej. Vleisfees Pretdraf

Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Vleisfees op Vrydag 28 en Saterdag 29 Augustus aangebied word. Vanjaar is dit die 31ste keer dat die fees gehou word en die hoofdoel daarvan is steeds, soos toe dit in 1990 alles begin het, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.

Dorp se
hoogtepunt

Die Hantam Vleisfees word beskou as die grootste vermaakgeleentheid op Calvinia.

Vermaak vir
oud en jonk

Lekker aktiwiteite soos ’n vleiseet- en sterkmankompetisie sal almal besig hou. Kom beleef die gasvryheid van die Hantam

Die lekkerste
Hantamvleis

Vir diegene wat vleis geniet en lekker geselligheid daarmee gepaard gaan is die Vleisfees perfek vir hul.

Top-kunstenaars
sorg vir vermaak

Kom sing en dans saam met van ons land se top-Afrikaanse kunstenaars.

Kom trap of
loop saam

Sportgeesdriftiges kan die pragtige omgewing ontdek met die fietswedren of die pretloop.

Kaartjies vir die Hantam Vleisfees is slegs by die hekke beskikbaar.