Aktiwiteite

Aktiwiteite

Hierdie is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Vleisfees plaasvind.
Volgende jaar gaan dit reeds die 28ste fees wees en die hoofdoel daarvan is steeds, soos in 1990 toe alles begin is, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Destyds is besluit dat die verskillende snitte van die skaapkarkas in proe-porsies te koop aangebied sou word deur die onderskeie boereverenigings van die distrik met die Calvinia Landbou-Unie as beskermliggaam.
Daar word by die vleiskos ook musiek en arena-vermaak bygewerk. En siedaar, vanjaar se wenresep lyk nog nes daardie destydse een!