Kunstenaars

Kunstenaars 2018

Gert Koevert
Die trots Suid-Afrikaanse kunstenaar en liedjieskrywer, Gert Koevert, het al landwyd sy verskyning gemaak op vele groot verhoë. As gedigskrywer vind hierdie kunstenaar dit glad nie uitdagend om die pragtigste woorde neer te pen vir sy treffers nie. Met sy warm stem en mooi woorde, is Gert Koevert beslis een van ons land se gunstelinge.

Deon Groot
Sanger en liedieskrywer Deon Groot is getoë in die hartjie van die Namakwaland. Hierdie merkwaardige kunstenaar is ’n voortreflike kitaar- en mondfluitjiespeler. Deon Groot is nie nét ’n ervare sanger en liedjieskrywer nie, maar sy emosies borrel uit in sy merkwaardige lirieke van sy vele treffers. Hy is spontaan, uniek en lewendig, wat bydrae tot sy uitstekende verhoogpersoonlikheid. Hierdie eienskappe maak hom voorwaar een van die opwindendste opkomende kunstenaars in ons musiekbedryf.

Monique
Monique Steyn het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie merkwaardige sangeres het reeds in 2010 haar stempel in die musiekbedryf afgedruk toe sy haar eerste liedjie, Sê my hoe, vrygestel het. Monique het ook al saam met die alombekende Snotkop gewerk en hul liedjie “Ek val vir jou” was ’n treffer. Sy was in die musiekgroep “4 Werke”. Sy het al twee Tempo-toekennings agter haar naam en asook ’n MK-toeknning. Hierdie talentvolle dame sal nog vele hoogtes bereik.

Ricus Nel
Ricus Nel is een van ons land se bekendste kunstenaars wat die Suid-Afrikaanse country-musiekplatform aan die brand het. Sy goue stem en unieke liedjies sorg vir uitmuntende vermaak wat nie teleurstel nie. Hy is ook gelukkig getroud met die sangeres en aktrise, Liza Bronner. Sy debuut-album wat in 2011 vrygestel is - Sak en pak - het sy naam behoorlik in die musiekbedryf laat groei. Ricus spog ook met ’n hele paar treffers van die welbekende Worsie Visser waarvan hy sy weergawe gesing het.

Hennie Jacobs
Die 37-jarige sanger Hennie Jacobs is nie net ’n welbekende akteur wat bekend is vir sy spel in TV-sepies nie, maar het ook ’n groot liefde vir musiekmaak. Hy speel kitaar en vermaak ook graag gehore met sy goue stem. Hennie het nie net ’n graad toerisme nie, maar het ook drama studeer en ’n diploma verwerf. Sy treffers sal jou voete laat jeuk vir lekker dans.