Aktiwiteite

Aktiwiteite

Kom geniet allerlei aktiwiteite vir vleis- en sportliefhebbers tydens die 29ste Hantam Vleisfees.

Calvinia is geleë in die hartjie van die Hantam - skaapwêreld. Tesame met die heerlike aktiwiteite wat jy jaarliks by die Hantam Vleisfees kan geniet, staan die dorp behoorlik saam om jou ’n bobaas-kuier te bied! Die avontuurlustige kan nie net hul sportiewe kant uitleef nie, maar ook weglê aan onverbeterlike Hantam-vleis.

Jy sal ver soek vir ʼn meer unieke Noord-Kaapse ervaring! Die Hantam Vastrap-fietswedren is vir elke sportgeesdriftige en as jy nie ʼn fiets het nie, kan jy gerus aan die Hantam Vleisfees Pretloop deelneem.

Lees hier meer oor vanjaar se Hantam Vastrap:

 
139