Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Vleisfees op Vrydag 24 en Saterdag 25 Augustus aangebied word.
Vanjaar is dit reeds die 29ste keer dat die fees aangebied word en die hoofdoel daarvan is steeds, soos toe dit in 1990 alles begin het, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder.
Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.


3
4
5
6
 

KAARTJIES BESKIKBAAR BY DIE HEKKE


Toegang sluit die vasdans en vertonings van kunstenaars in.


Vrydag 24 Augustus 2018

Kinders

R20

Volwassenes

R50

Saterdag 25 Augustus 2018


Kinders

R50

Volwassenes

R100

KUNSTENAARS


Gert Koevert


Die trots Suid-Afrikaanse kunstenaar en liedjieskrywer, Gert Koevert, het al landwyd sy verskyning gemaak op vele groot verhoë. As gedigskrywer vind hierdie kunstenaar dit glad nie uitdagend om die pragtigste woorde neer te pen vir sy treffers nie. Met sy warm stem en mooi woorde, is Gert Koevert beslis een van ons land se gunstelinge.

Deon Groot


Sanger en liedieskrywer Deon Groot is getoë in die hartjie van die Namakwaland. Hierdie merkwaardige kunstenaar is ’n voortreflike kitaar- en mondfluitjiespeler. Deon Groot is nie nét ’n ervare sanger en liedjieskrywer nie, maar sy emosies borrel uit in sy merkwaardige lirieke van sy vele treffers. Hy is spontaan, uniek en lewendig, wat bydrae tot sy uitstekende verhoogpersoonlikheid. Hierdie eienskappe maak hom voorwaar een van die opwindendste opkomende kunstenaars in ons musiekbedryf.

Monique


Monique Steyn het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie merkwaardige sangeres het reeds in 2010 haar stempel in die musiekbedryf afgedruk toe sy haar eerste liedjie, Sê my hoe, vrygestel het. Monique het ook al saam met die alombekende Snotkop gewerk en hul liedjie “Ek val vir jou” was ’n treffer. Sy was in die musiekgroep “4 Werke”. Sy het al twee Tempo-toekennings agter haar naam en asook ’n MK-toeknning. Hierdie talentvolle dame sal nog vele hoogtes bereik.

Ricus Nel


Ricus Nel is een van ons land se bekendste kunstenaars wat die Suid-Afrikaanse country-musiekplatform aan die brand het. Sy goue stem en unieke liedjies sorg vir uitmuntende vermaak wat nie teleurstel nie. Hy is ook gelukkig getroud met die sangeres en aktrise, Liza Bronner. Sy debuut-album wat in 2011 vrygestel is - Sak en pak - het sy naam behoorlik in die musiekbedryf laat groei. Ricus spog ook met ’n hele paar treffers van die welbekende Worsie Visser waarvan hy sy weergawe gesing het.


Klik hier vir meer oor die kunstenaars.

Kunstenaars
parallax background
 
 

Kaartjies


Kaartjies is slegs by die hekke beskikbaar.


Vrydag 24 Augustus 2018
Kinders: R20
Volwassenes: R50

Saterdag 25 Augustus 2018
Kinders: R50
Volwassenes: R100

Stalletjies


Indien jy ’n stalletjie wil bespreek by vanjaar se Hantam Vleisfees, kan jy gerus vir Lizette Lambrechts kontak deur ’n e-pos te stuur aan vleisfees@klk.co.za.


Ons borge


Ons wil graag ons borge bedank. Hulle is Absa, BKB, KLK Landbou, Sasko, Scania, Vredendal Toyota, Isuzu, BB Spares en SAB.